Welkom by SA Vryskutskrywer - Getuigskrifte
Dis mos maar menslik om bietjie te spog en SA Vryskutskrywer is
geen uitsondering nie! So, wees maar bietjie toegeeflik as ons 'n hoekie van ons
webwerf aan studente en kliënte se kommentaar afstaan ...
Manuskripbeoordeling/-ontwikkeling / mentorskap
Eugene
Pienaar het onlangs van ons Manuskripbeoordelingsdiens
gebruik gemaak
en na aanleiding van die verslag is sy eerste amptelike kortverhaal,
Die Spookhuis, in Huisgenoot gepubliseer.
Nico
van Rensburg: Ek wil net van die geleentheid gebruik maak om jou te bedank
met jou hulp met die skepping van
DOLLARS EVENTUALIS. Jy sal
onthou dat ek ‘n kursus van jou bestel het en ek het my eerste storie vir jou
aangestuur het. Jy was seker van jou saak dat daar ‘n behoefte vir sulke
regstories bestaan. Jou kommentaar was baie kort en kragtig en het daarop
neergekom dat dit nie ‘n kuns is om feite te skryf nie maar die kuns is om
stories te skryf wat die mense kan en wil lees. Na die derde probeerslag het jy
gesê dat ek kan skryf en nie ‘n kursus nodig het nie. Dit was seker een van die
beste komplimente wat ek ooit gekry het. Jy was die direkte oorsaak dat ek my
talent om stories te vertel kon ontdek en ontwikkel. Daarvoor sal ek jou altyd
dankbaar voor bly. Jy het daarna my stories op ‘n baie professionele wyse
geredigeer en ek het die manuskrip ingestuur. Dié beskeie begin het gelei tot my
boek
DOLLARS EVENTUALIS
wat deur Naledi Uitgewers uitgereik is.
Nogmaals baie dankie.
Henk Heslinga: Aan die hand van jou
verslag het ek my manuskrip herskryf en veranderinge en verbeteringe aangebring.
Nou is ek ook tevrede daarmee! Henk se boek,
Die
Muishond, is intussen ook gepubliseer.
Anton Pienaar: Jou bydrae met “SWARTSON”
was vir my kosbaar. Ek is tans besig met ‘n nuwe roman: “DWAALJOERNAAL”.
Enkele gepubliseerde boeke wat deur SA Vryskutskrywer gementor/beoordeel is
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() | ![]() |
|
|
|
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis
skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.