Welkom by SA Vryskutskrywer - Getuigskrifte
Dis mos maar menslik om bietjie te spog en SA Vryskutskrywer is geen uitsondering nie! So, wees maar bietjie toegeeflik as ons 'n hoekie van ons webwerf aan studente en kliënte se kommentaar afstaan ...
Verdien geld met Tydskrifjoernalistiek
|
Essie Bester: Ek wil net weer dankie sê vir al jou hulp tydens my kursus in tydskrifjoernalistiek. Ek dink dis net regverdig dat ek my artikel oor kuberveiligheid (waarin jy ook ’n reuse aandeel het) vir jou aanstuur. Dit verskyn in die Augustus-uitgawe van Rooi Rose wat dié week op die rakke is. Ek geniet die skrywery terdeë en het al ’n paar vir Vrouekeur gedoen en selfs vir Die Burger.
|
|
Liezel Slabbert: Jy het my skoon in trane van blydskap. My seun (14) het my so baie ondersteun terwyl ek die kursus gedoen het en ek is so bly om hierdie kwalifikasie uiteindelik met hom te kan deel. Mag God jou seën vir jou inspirasie!
|
|
Baie dankie aan jou en SA Vryskutskrywer omdat julle omgee. Hierdie is nét wat voornemende skrywers nodig gehad het. Julle vul 'n yslike gaping in aanlynstudies vir skrywers. In AFRIKAANS.
|
|
Die Tydskrifjoernalistieke kursus is 'n fantastiese afspringplek vir enige nuwe skrywer. Leoni se eerlike kommentaar op my artikels en haar hulpvaardige leiding het my beskouiing van die geskrewe woord sommer handomkeer verander! Ek kan nie wag om my gevorderde SA Vryskutskrywer-kursus aan te pak nie.
|
|
Baie dankie vir 'n fantastiese kursus. Dit het 'n hele nuwe wêreld vir my geopen en ek kan nie genoeg dankie sê nie!
|
|
Emsie Martin: Ek is oorstelp! Albei my proefartikels is deur Vrouekeur aanvaar! Dit was voorwaar 'n baie deeglike - en lekker - kursus om te doen. Baie, baie dankie vir al jou bystand en hulp.
|
|
Essie Bester publiseer verskeie artikels in verskillende tydskrifte en aanlyn en word aangestel as 'n permanente vryskutartikelskrywer by Solidariteit.
|
|
Yvonne de Kock: 'n E-pos wat ek nooit ingedink het ék sal ontvang nie - 'n ATKV-Veertjie-nominasie! En om te dink dit is vir die artikel wat ek met onderskeiding geslaag het vir my SA Vryskutskrywer-sertifikaat! My nominasie-artikel het in die uitgawe van 4 Februarie 2011 in Vrouekeur verskyn as: Net 'n siekte ...
|
|
Susan Venter: Dankie vir die goeie kursus. Ek het dit geniet en baie geleer. Die kursus het my verwagtinge ver oortref.
|
|
Jolandi Roux: Baie dankie vir 'n heerlike kursus! Ek het dit regtig geniet. Die inhoud was hoogs interessant en die opdragte was ’n uitdaging. |
|
|
|
|
|
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.