Welkom by SA Vryskutskrywer - Getuigskrifte
Dis mos maar menslik om bietjie te spog en SA Vryskutskrywer is geen uitsondering nie! So, wees maar bietjie toegeeflik as ons 'n hoekie van ons webwerf aan studente en kliënte se kommentaar afstaan ...
ABC van Kortverhale
|
Madeleine Venter: (2014) ontvang die derde prys vir haar radiodrama, Taaispul, in RSG se radiodrama-skryfkompetisie 2023. Venter was in 2022 ook ‘n finalis met haar teks, Tyd vir ‘n wonderwerk. |
|
Marelize King se twee kortverhale, Ontnugtering in Kaïro en Kersboompie sonder tinsel, wat sy vir die INK Skryf in Afrikaans-kompetisie ingeskryf het, word gekeur vir publikasie in die bloemlesing, INKSPRAAK4. Daar was 146 inskrywings.
|
|
Madeleine Venter: (2014) se twee kortverhale, Tweede Kanse (2021) en Sommerso (2022) word in Huisgenoot gepubliseer.
|
|
Hendie Grobbelaar, wat in 2016 SA Vryskutskrywer se ABC van Kortverhale-kursus voltooi, kan reeds 'n rits wenverhale en kortverhaalbundels agter haar naam skryf. Haar jongste sukses is haar kortverhaal, Die Rooi Tekkies, wat PEN Afrikaans se 2022-kortverhaalkompetisie gewen het.
|
|
Madeleine Venter, wat in 2014 SA Vryskutskrywer se ABC van Kortverhale-kursus voltooi, se publikasiesuksesse duur voort. Haar jongste suksesse is die kortverhaal, Die Mal Plan, wat in INK se bundel, INKSPRAAK3, gepubliseer is, en Toeskouers in Kreatio se kortverhaalbundel, Komieklike Kortverhale.
|
|
Lizelle von Wielligh 2014-alumni is tans een van LAPA se suksesvolle Romanza-skrywers.
Marilize King: Baie dankie vir jou terugvoering. Dit is baie waardevol, want anders weet 'n mens nie of jy vorder en of jy dalk die kat aan die stert beet het nie. [Marilize se kortverhale word in verskeie publikasies onder 'n skuilnaam gepubliseer: Koue Pampoen (Huisgenoot); Roxanne vannie Cape Flats (Vrye Weekblad); Die huis met die rooi lig (Huisgenoot).]
|
|
Hendie Grobbelaar (2016) se kortverhaal, Die Ruimteskip, is die wen-verhaal in die 2019 Woordfeeskortverhaal-kompetisie en bring haar 'n stewige R30,000 in die sak. |
|
||||
|
||||
|
|
|
|
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.