Welkom by SA Vryskutskrywer - Neem 'n blaaskans

 

Van al die blaaie op SA Vryskutskrywer se webwerf is hierdie heel moontlik die belangrikste want die boog kan nie altyd gespan bly nie, n. Jy moet darem soms 'n bietjie afwisseling van woorde, woorde en woorde kry.

 

Ontlaai-blad

Sommer van alles en nog wat om die brein superfiks en die humor vlymskerp te hou ...


Aan die einde van die diens vra die predikant: En hoeveel van julle het jul vyande vergewe? Sowat 80% van die gemeente steek hul hande op en die predikant herhaal die vraag. Di keer antwoord almal behalwe een bejaarde tannie.

Tannie Smit, is jy nie van plan om jou vyande te vergewe nie? vra hy.

Ek het nie vyande nie, glimlag die tannie ewe vriendelik.

Dis ongehoord, s die predikant. Hoe oud is jy, tannie Smit?

Agt-en-negentig, antwoord sy.

Liewe aarde! Tannie Smit, kan jy nie dalk vorentoe kom en aan ons verduidelik hoe n mens 98 jaar oud word sonder om n enkele vyand te h nie?

Die tannie is net t gewillig om haar geheim met die gemeente te deel en beweeg kansel toe. Daar aangekom, draai sy ewe plegtig na die gemeente en s: Ek het die ou spul ellendelinge almal oorleef!

 

Tom was n kompulsiewe kommerkous totdat hy n manier gevind het om sy probleem te oorkom. Sy vriende het die dramatiese verandering in sy gesindheid agtergekom.

Dit lyk nie asof jy meer oor iets bekommerd is nie, merk Jan op.

Nee, s Tom, ek is nie want ek het n professionele kommerkous teen R1,000 per week aangestel. Sedertdien het ek nie meer n bekommernis in die wreld nie.

Duisend rand n week! s Jan. Hoe op aarde gaan jy dit regkry om hom te betaal?

Dis s probleem, s Tom met n glimlag.

 

Dr Le Roux, hoof van die plaaslike hospitaal se psigiatriese afdeling, ondersoek n paar pasinte om te sien of hulle genoegsaam herstel het om die samelewing weer aan te durf.

So, mnr De Klerk, s die dokter aan een van sy langtermyn-pasinte, ek sien op jou kaart daar is n aanbeveling vir jou ontslag. Het jy enige idee wat jy gaan doen nadat jy die hospitaal verlaat het?

Die pasint dink diep na vir n oomblik en antwoord dan: Wel, ek het eintlik vir n meganiese ingenieur studeer voordat ek hier opgeneem is. Dis steeds n goeie beroep met goeie geld.

Aan die ander kant het ek gedink ek moet dalk n boek oor my wedervaringe hier in die hospitaal skryf. Ek kan dalk raad aan ander mense in soortgelyke omstandighede verskaf en hulle vertel wat dit beteken om n pasint hier te wees en hoe ek die behandeling ervaar het. Mense sal dalk genteresseerd wees in so n boek.

"Daarby het ek gewonder of ek nie dalk moet teruggaan universiteit toe om kunsgeskiedenis te bestudeer nie. Ek het nogal die afgelope tyd regtig daarin genteresseerd geraak.

Dr Le Roux is baie bendruk. Ja, stem hy kopknikkend saam, dit klink almal na wonderlike moontlikhede.

Die pasint antwoord: En die beste van alles is dat ek in my vrye tyd steeds kan voortgaan om n teepot te wees.



n Bejaarde oom sukkel al die afgelope paar jaar met ernstige gehoorprobleme. Einde ten laaste gaan hy dokter toe en die dokter rus hom toe met n gehoorapparaat wat hom in staat stel om weer amper 100% te kan hoor.

Na n maand gaan die oom terug dokter toe vir n opvolg-ondersoek en die dokter merk op dat sy gehoor 100% funksioneel is. Jou familie is seker bly dat jy weer kan hoor, s hy.

Waarop die oom toe antwoord: O, ek het my familie nog nie daarvan vertel nie. Ek sit net heeldag rond en luister na hul gesprekke. Tot dusver het ek my testament al drie keer verander!

                                                          Nog grappe
 

Het jy 'n oulike grappie wat jy dalk hier wil deel? Stuur dit sommer gou via e-pos.

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

     Vertel 'n vriend van ons  

 

 Tuisblad                    Skryfkursusse                    Blitskursusse

Sluit venster