Welkom by SA Vryskutskrywer - Neem 'n Blaaskans

Van al die blaaie op SA Vryskutskrywer se webwerf is hierdie heel moontlik die belangrikste want die boog kan nie altyd gespan bly nie, n. Jy moet darem soms 'n bietjie afwisseling van woorde, woorde en woorde kry.

Brokkies

Meestal nuttelose - maar interessante - inligting om jou dag / week mee op te kikker en jou algemene kennis-databasis uit te brei.


 

Suid-Afrika Google die meeste oor Pokmon Go

Deur Hannes Kruger 14 Desember 2016

Wat wou Suid-Afrikaners die afgelope jaar die graagste weet?

Google het vandeesweek Suid-Afrikaners se topsoektogte in 2016 bekend gemaak. Suid-Afrikaners was vanjaar behep met Pokmon Go wat dit is en hoe om dit af te laai.

Luidens n verklaring van Google wou Suid-Afrikaners vanjaar meer oor internasionale tendense en kwessies weet.

Verlede jaar was beurtkrag en xenofobie van die top-soektogte albei plaaslike kwessies. Euro 2016, Olympic Games Rio 2016 en Donald Trump is vanjaar veral nagevors.

Pres. Jacob Zuma en die openbare beskermer is onder die topsoektogte van Suid-Afrikaanse politici en prominente figure.

Die sanger Mandoza en die renjaer Gugu Zulu, wat albei vanjaar dood is, is onder die lys van Suid-Afrikaanse glanspersoonlikhede wat die meeste op Google gesoek is.

Algehele topsoektogte:

1. Pokmon Go

2. Euro 2016

3. Olympic Games Rio 2016

4. Donald Trump

5. Election Results

6. Mandoza

7. IEC

8. Mall of Africa

9. Caster Semenya

10. US Elections 2016

 

Wat beteken jou gekrabbel?

Deur Carien Grobler 14 Desember 2016

Navorsing wys dat krabbels mense help om meer gefokus te bly, nuwe konsepte te verstaan en inligting te onthou.

Krabbels is spontane tekeninge wat verskeie vorms kan aanneem, insluitend abstrakte patrone, prentjies van voorwerpe, landskappe, mense en gesigte. Sommige mense krabbel ook deur met hul penne oor letters of patrone op n bladsy te trek.

Wat s jou krabbels van jou?

Die beginsels waarvolgens n mens iemand se krabbels ontleed, is baie dieselfde as vir handskrif, s Sheila Lowe, skrywer van die boek The Complete Idiots Guide to Handwriting Analysis en president van die Amerikaanse vereniging vir handskrifanalise.

Sy verduidelik dat krabbels volgens n paar basiese beginsels ontleed kan word. Ronde vorms dui op n behoefte aan liefde, terwyl driehoekige vorms n fokus op seks aandui. Vierkantige vorms kan met n behoefte aan sekuriteit verbind word. Kreatiewe mense is geneig om vormlose krabbels maak.

Lyne: Volgens Lowe hang dit af hoe naby die lyne aan mekaar is, maar dit mag wees dat die persoon iets probeer wegsteek. Dit kan ook dui dat n mens wiskundig aangel is en n probleem oordink.

Blomme: Lowe s iemand wat blomme krabbel het gewoonlik n sonnige geaardheid en is in die algemeen positief ingestel. Dit geld natuurlik slegs as die blomme nie verlep is nie!

Letters: Mense wat daarvan hou om groot letters te krabbel, bestee baie tyd daaraan om oor dinge te fantaseer eerder as om dit gedoen te kry, s Lowe. Hulle is kreatief en vol idees, maar is geneig om dit nie tot uitvoering te bring of prakties aan te wend nie.

Stokmannetjies: As jy stokmannetjies teken, is jy moontlik verveeld. Dit mag ook n manier wees om gevoelens van woede uit te druk, s Lowe.

Jou handtekening: As jy gereeld jou handtekening krabbel, kan dit een van drie dinge beteken. As dit klein is, mag jy dalk depressief wees, s Lowe. As dit groot is, dink jy moontlik baie van jouself. As jy dit op verskillende maniere krabbel, mag dit wees dat jy n nuwe identiteit wil probeer.

Ingewikkelde patrone: Volgens Lowe kan krabbels met ingewikkelde patrone op stres dui, maar kan dit ook n teken wees dat iemand n tweestryd ervaar. So n persoon word moontlik in verskillende rigtings getrek en probeer sin maak van alles. Kreatiwiteit kan egter ook n rol speel.

* Bron: Yahoo News

 

Prins se brood vir R3 000 verkoop

    20 Julie 2012

Londen n Sny roosterbrood wat oorgebly het van die ontbyt wat prins Charles op sy troudag met lady Diana Spencer in Junie 1981 geet het, is gister vir 230 Britse pond (R2 942) op n veiling verkoop.

n Voormalige paleisbediende het dit gehou as n aandenking van die troue. Rosemarie Smith, wie se dogter langer as drie dekades vir die koninklike familie gewerk het, het die brood in n koppie op n rak gehou.

Een van my dogter se pligte was om elke oggend prins Charles se ontbytskinkbord buite sy kamerdeur te gaan haal. Ek het haar op daardie dag besoek en het gesien n sny roosterbrood het op die skinkbord oorgebly. Ek vat dit toe, want ek wou n aandenking van die troue h, lui Smith se verklaring.

Bron: Reuters & AFP

 

Bladsy 2

 

Vertel 'n vriend hiervan:


 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.     Vertel 'n vriend van ons  

 

 Tuisblad                    Skryfkursusse                    Blitskursusse