Kontak Alita                              

                               

        Alita Steenkamp

Kursussamesteller en -opleier:    Skryf 'n Biografie

Op die dag wat John F Kennedy in Dallas, Texas doodgeskiet is, was ek presies 75 dae oud. Ek is gebore in Zeerust, die wÍreld van Herman Charles Bosman, maar het grootgeword in Pretoria. In die jaar waarin Lady Diana Spencer ewig trou beloof aan Prins Charles, skryf ek matriek aan die HoŽrskool Oos-Moot in Pretoria.

Lees was van kleintyd af ʼn passie by my. Menige kere in die eksamenlokaal het ek in die warm water beland oor ʼn boek wat ek hier onder die deksel van die skoolbank gelees het. Hoe durf ʼn mens lees, as jy moet leer?, was menige suur juffrou se siening. En as ʼn mens van lees hou, is die kans goed dat jy van skryf ook sal hou. Die twee loop immers hand aan hand.

Aanvanklik het ek ingeskryf vir ʼn gewone BA-graad aan die PU vir CHO. Van my klasmaats in Engels I was Karin Hougaard en Deon Maas. In my tweede jaar het ek Kommunikasiekunde I as ín byvak geneem, en dit geweldig geniet. Nadat ek my liewe professor, nou die adjunkminister van landbou, se arm gedraai het, het ek Kommunikasiekunde II en III in een jaar gedoen, en uiteindelik Kommunikasiekunde IV. Tog het ek glad nie in die bedryf begin werk nie; daar moes eers heelwat water in die see loop. Ek het immers ʼn onderwysbeurs gehad wat ek moes terugwerk.

Die skrywery het begin met tydskrifverhale. Enigeen wat dit al probeer het, sal weet dis nogal ʼn uitdaging. Jy stuur ʼn verhaal, wat in jou oŽ die mooiste liefdesverhaal is weg, en iewers sit ʼn onsimpatieke verhaalredakteur en wag om ʼn ďDear JohnnieĒ vir jou te skryf. Jammer u verhaal is nie geskik vir publikasie nie. Probeer gerus weer. My eerste tydskrifverhaal wat wel die paal gehaal het, was Die Telegram, ín verhaal wat in Oktober 1996 in die tydskrif rooi rose gepubliseer is. Dankie tog vir Joan Kruger, destydse redakteur van rooi rose wat waargeneem het as verhaleredakteur, en wat aan ʼn jong skrywer ʼn kans gegee het. (Ek spog graag oor die 17 tydskrifverhale wat reeds gepubliseer is.)

Kort daarna het ek tydens ʼn ATKV-skryfskool in Potchefstroom die joernalis MariŽtte Crafford hoor gesels oor joernalistiek. Dis veel makliker om ʼn artikel gepubliseer te kry, as ʼn kortverhaal, is een van die skryfgeheime wat sy daardie dag verklap het. Natuurlik is dit waar. Kyk maar na die aantal artikels in die tydskrif, en vergelyk dit met die aantal verhale. Hoe sing Valiant? Gaan maak maar self daai som. Ek het die sprong gewaag, en op rooi rose se volgende redaksionele vergadering, het ek my eerste opdrag gekry. Die artikel het gehandel oor prostaatkanker, ín onderwerp waarvan ek toe niks geweet het nie, maar wat my dadelik geleer het om deeglik navorsing te doen.

Vandag, elf jaar later, het ek al meer as 600 artikels gepubliseer. Alhoewel ek letterlik al oor ʼn verskeidenheid onderwerpe, so wyd soos die Heer se genade geskryf het, glo ek my fortť is persoonlikheidsprofiele. Ek kry altyd besondere goeie terugvoer op die artikels wat ek skryf, en ek geniet elke oomblik daarvan.

Die liefdes in my lewe is my man, De Wet Potgieter, en twee dogters, Amanda en Petronell. Op my erf is daar ook drie hondjies, Millie, Mojo en Pringle en ʼn katjie Nina Pretty Ballerina.

Ek het een aand die gesprek tussen Rian en die aktrise Rika Sennet dopgehou. Rian het haar gevra hoe benader sy die lewe. Haar antwoord het my diep geraak en daar en dan het ek besluit dit sou voortaan my Credo word. Ons moet meer genade hÍ vir mekaar.

O ja, nog een ding. Ek is ʼn middelkind met ʼn ouer broer, Francois, en ʼn jonger suster, Heleen. Nie een van die twee sal daarvan droom om te skryf nie. Natuurlik is ek besonder lief vir die twee, maar ai, weet jy hoe swaar kan die middelkindsindroom op ʼn mens se skouers druk?

Om meer oor my doen en late uit te vind, gaan lees gerus my blog op die tydskrif Lig se webwerf. Die direkte skakel daarheen is http://ligvoets.wordpress.com/.

 Sluit venster